Annette se pad van genesing.

Ek wil net hiermee graag meedeel dat Run/Walk for Life my lewe verander het. Ek het 31 Julie verlede jaar ingegaan vir klein operasie om gewas op eierstokke te verwyder. Professor het ongelukkig my nierpyp raakgesny en dit was oorsaak dat ek ‘n bloedklont deur my long gekry het wat ongelukkig gevolg is met 7 klein beroertes. Ek was ‘n maand in ICU waar dr’s vir my lewe geveg het.

Ek dank Die Here dat ek vandag kan getuig en se ek is elke dag beter, en het weer 3 weke gelede begin stap. Ek voel hoe dat my kragte terugkeer en is dankbaar vir Run/Walk for Life wat my die geleentheid bied om saam hulle die pad van genesing te stap.

 

Annette Bezuidenhout

No comment yet, add your voice below!


Add a Comment

Your email address will not be published.